Posted on

gedagtes

 
hier sit ek in my eie opgemaakte ruimte met gedagtes
wat rondmaal in my kop soos verdagtes
wat voor ʼn uitkenningsparade te staan kom
en voor die slagoffer saamdrom
hulle hou aan om om en om te beweeg
sonder dat ek hulle kan opweeg
om vir eens en altyd net te kan besluit
oor iets wat my regtig in my spore stuit.
 
en die townships wat verby vlieg
laat my terugdink aan my kinderwieg
my ma en pa het my mooi probeer opvoed
maar binne my is alles besig om met ʼn hengse spoed
afdraand te snel op die verkeerde paadjie
wat my sal lei om moontlik die draadjie
van my eie bestaan kort te knip
behalwe as daar ewe skielik hoop opwip.
 
hoe moet ek weet wat wag in die toekoms
en waarnatoe gaan die mensdom?
die mense is vandag weereens slaggereed
om hulself aan die wêreld se norme te meet
is ons almal korrup of net vol van planne
en idees van maniere om dinge in die hande
te kry om ons eie geluk te probeer skep
en sê my hoekom is ons so met geld behep?
 
almal van ons is al deur baie winters
wat ons harte net meer vol splinters
maak van afguns en wraak en haat
maar wat gaan ons daarby baat?
so sluit ons onsself in ʼn tronksel
en skep mettertyd ons eie hel
gedagtes kom en gedagtes gaan
dis jou eie keuse hoe jy jou lewe gaan baan…

Advertisements

About almostbetty

Wife, Daughter of God, Traveller, Bookworm, Organ Donor

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s