Posted on

Vanaand. Is. Ons. Jonk.

Musiek het ‘n groot invloed op elke menslike wese se lewe – al weet ons nie daarvan nie en kom ons dit nie agter nie..

Musiek kan die gat wat soveel dinge laat, vul.  Soos wanneer ek regtig gatvol vir als om my is, sal ‘n lil jon treffertjie my sommer aggresief maak teenoor my probleme. ‘n Klassieke nommertjie kan mens maklik rustig maak (en as jy anti-klassiek is, gefrustreerd..)  En moenie vergeet van die aand wat jy besluit jy gaan bietjie uit nie. Dan kan musiek voor die tyd jou aand goed of sleg laat begin. Om nie eers te praat van die musiek wat speel by die plek waarnatoe jy uitgaan nie.

Ek is veral mal oor die manier wat musiek mense bymekaar bring.  Ek dink nou byvoorbeeld aan die live shows van Linkin Park en Lady Gaga later die jaar in Suid-Afrika en Skouspel wat nou aan die gang is.  ‘n Ander voorbeeld is ‘n vertoning van Phantom of the Opera wat ek vroeër die jaar bygewoon het – daardie musiek het my hoendervleis gegee!  Ek is ook mal oor die game shows wat ontstaan na aanleiding van musiek, bv Noot-vir-Noot, Don’t Forget The Lyrics en dan ook kompetisies soos Idols, So You Think You Can Dance, The X-factor en vele meer. Die beste geskenk wat ek kan kry is as ‘n klomp mense lekker saamsing om God te loof en prys. Sulke oomblikke is beslis hoendervleisoomblikke.

Musiek sê dit wat jou hart wil sê, wat jou kop nie woorde voor het nie.. Dit spreek iets uit wat maak dat mense mekaar verstaan sonder om regtig te verduidelik. Musiek verander ons en help ons ook meeste van die tyd in ‘n beter bui in..
Iemand belangrik in my lewe het eendag spontaan saam met Fun se (Tonight) We Are Young begin sing: “Vanaand. Is. Ons. Jonk..” Dit was die begin van ‘n lang reeks grappe en verwysings. Wonderlike tye en memories..

Wat ek eintlik wil sê is dit: Draai oop jou radio se volume, sing kliphard saam, dans ‘n bietjie. Wat maak dit saak wat mense daarvan dink?

“Vanaand. Is. Ons. Jonk.”

Advertisements

About almostbetty

Wife, Daughter of God, Traveller, Bookworm, Organ Donor

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s